Teks: Jurgen Human

Regie: Margit Meyer-Rödenbeck en Jurgen Human


Twee boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg beland per ongeluk tussen Dolla se versameling Mills & Boon’s wat sy spesiaal vir haar “trip” op die Costa Concordia bymekaar gemaak het. Dolla begin lees terwyl sy wag om aan boord te gaan. “Kennis is mag”, sê Nietshce, maar “Kennis sonder begrip is gevaarlik”… en, soos te verwagte,  kry Dolla onmiddelik ‘n uitnodiging van die Kaptein om op die “brug” te kom kuier…


Die res is  geskiedenis, maar soos julle weet, Dolla was al op Survivor, en die hele ondervinding laat haar dink..DIEP dink, oor diep dinge soos “alpha-males”, Twitter, “Afrikaanse pop-liedjie lirieke en Nietsche se Relatiwiteits-teorie… of was dit nou Albert s’n?


Boonop is Dolla ook deel van ‘n ongelooflike nuwe mediese deurbraak:  Wat meeste wetenskaplikes voorheen as wensdenkery beskou het is nou ‘n werklikheid: Dolla se Pille vir Domgeit… ‘n wonder-produk wat verligting gaan bring vir derduisende mense wat ly aan simptome

soos verwarring, lae selfbeeld, lamheid in die kop en ontoereikende houtwerkpunte.


Ongelukkig is hierdie medikasie op hierdie stadium slegs beskikbaar  by Dolla se “lewendige” vertonings, so bespreek nou en neem beheer oor die res van jou lewe.Jy sal medikasie nodig hê, want Dolla filosofeer en voorspel.